Posts by Kobus
Proudfoot skop Maties Sport se 2023-afrigtersforum af
Maties Sport se Hoë Prestasie-hoofafrigters het hul afrigtingsontwikkelingsprogram vir 2023 met niemand anders nie as Maties Rugby se konsultant-hoofafrigter, Matthew Proudfoot, afgeskop. “Die Afrigtersforum is ’n platform vir ons HP-hoofafrigters om nie net met hoogs ervare afrigters van alle fasette van die lewe te skakel nie, hetsy dit sport of besigheid of politiek is, maar…
Read MoreGPS Tegnologie
In die sportwêreld het tegnologie ’n integrale deel van die atleet se oefenproses geword. Met die vooruitgang in tegnologie kan atlete nou meer doelgerig en effektief oefen, wat hulle help om hul doelwitte te bereik en prestasie te verbeter. Een bron van tegnologie wat ’n rewolusie in die manier is waarop atlete oefen en kompeteer,…
Read MoreEmoyeni produseer ‘n adrenalien-soekende HP intern
’n Klein dorpie buite Oos-Londen genaamd Emoyeni (Plek van die Wind) waar ’n tamatieplaas meer as net die produkte produseer. Meesterstudent in Sportwetenskap en lid van die Maties-fietsrykomitee sedert 2019, Robyn Emslie se karakter is diep gewortel op die familieplaas in Emoyeni in die Oos-Kaap. Die voormalige Diocesan Skool vir Dogters-leerling is ’n intern by…
Read MoreVyfjaarplan werp vrugte af vir Maties-vrouerugby
’n Trofee of ’n foto van die sege-vieringe vertel net die helfte van die storie. Die Maties-vrouerugbyspan het onlangs die eerste Varsitybeker-titel vir vroue gewen. Op die tradisionele seëvieringsfoto, glimlag spelers en afrigters breed en straal almal van trots. Dié foto spreek egter van veel meer as net die bekende ‘1000 woorde’-frase wat deur Fred…
Read MoreMaties na Potch vir halfeindstryd
In ’n vertoning wat die beste beskryf kan word as munt slaan uit die opposisie se foute, het FNB Shimlas vir FNB Maties met 44-12 uitoorlê in die laaste FNB Varsitybeker-groepwedstryd in Stellenbosch op Maandag 3 April. Maties het geen punte in die tweede helfte aangeteken nie en in dié tyd 26 punte afgestaan. Albei…
Read MoreMaties nou tweede op Varsitybeker-puntestand
In ’n herhaling van die 2022 FNB Varsitybeker-eindstryd, het FNB Maties die verdedigende kampioen, FNB UP-Tuks, op Maandag 20 Maart in die Danie Craven-stadion deeglik met 46-35 geklop. Die Stellenbosch-span bevind hom nou net drie punte agter die algehele voorlopers, NWU Arende. Ondanks die feit dat Maties in die eerste helfte drie keer meer foute…
Read MoreMaties Rugby-kaptein ken van onder druk presteer
Die Maties Rugby-kapteinskap beteken vir hom meer as om net voor te draf uit die tonnel, vir Jurie Matthee is dit die geleentheid om ’n verskil te maak in iemand se lewe. “Met die kapteinskap kom die verantwoordelikheid om die span se kultuur te dryf, die standaarde te stel en leiding te neem wanneer dit…
Read MoreAnika Pretorius: van baanatleet tot roeier
Anika Pretorius het as 10-jarige haar atletiek-loopbaan begin. Terwyl sy aanvanklik aan hoogspring en verspring deelgeneem het, het haar sig geleidelik verswak en het sy na naellope oorgeskakel. Ten spyte van die feit dat haar sig nog meer agteruitgegaan het, het sy aanhou kompeterend hardloop. As 19-jarige het Anika haar Spele debuut by die 2012…
Read MoreUS verwelkom leerders van Bishop Lavis
Deur Maties Sport Media en Kommunikasie-eenheid Leerders van die Bishop Lavis-gemeenskap het onlangs ’n opwindende toer van die Universiteit Stellenbosch-sportfasiliteite gehad. Die dag was deel van ’n reeks geleenthede wat deur die SLEAK sosiale impakprojek bestuur word. Daar is met elke skoolkwartaal ’n toegewyde tema. Die tema vir hierdie kwartaal se gebeure was…
Read MoreMaties Basketbal sien uit na mededingende USSA
Na ’n kort, maar mededingende ligaseisoen vir die Maroenmasjien, vestig Maties Basketbal nou hul aandag op die USSA-toernooi wat in Johannesburg by Wits Universiteit plaasvind. Vroeër die maand het beide die vroue- en manspan aan die Kaapse Basketballiga-uitkloptoernooi deelgeneem. Die vrouespan is as kampioen gekroon en die mans het as naaswenners geëindig. Hoofafrigter…
Read More