Nuus
Dis voorreg om vir Maties te speel, sê Welham
Stellenbosch Universiteit se BSc Honneurs-gegradueerde Angela Welham (22) is sedert haar eerste jaar in 2019 ’n ster in die Maties-hokkiespan. Dié energieke verdediger is ’n uitblinker sedert haar hoërskooldae by Herschel Girls High School in Kaapstad. Sy is geen vreemdeling vir die verwagtinge van die hoë prestasie-omgewing van sport nie. Welham het die Westelike Provinsie…
Read MoreOpkomende ster Beukes se ervaring by Maties-gholfklub
Deur Jamie Wyngaardt Vir die meeste mense is die balansering van sport en tersiêre opleiding ’n uitdaging, maar Crystal Beukes laat dit moeiteloos lyk. Derdejaar Menslike Lewenswetenskappe-student aan die Universiteit Stellenbosch volg ’n graadkursus saam met haar gholfloopbaan. Beukes was aanvanklik onbewus daarvan dat daar ’n amptelike Maties-gholfklub was, totdat Sportbestuurder vir gholf, Karen Swart…
Read MoreUS verwelkom leerders van Bishop Lavis
Deur Maties Sport Media en Kommunikasie-eenheid Leerders van die Bishop Lavis-gemeenskap het onlangs ’n opwindende toer van die Universiteit Stellenbosch-sportfasiliteite gehad. Die dag was deel van ’n reeks geleenthede wat deur die SLEAK sosiale impakprojek bestuur word. Daar is met elke skoolkwartaal ’n toegewyde tema. Die tema vir hierdie kwartaal se gebeure was…
Read MoreMaties Basketbal sien uit na mededingende USSA
Na ’n kort, maar mededingende ligaseisoen vir die Maroenmasjien, vestig Maties Basketbal nou hul aandag op die USSA-toernooi wat in Johannesburg by Wits Universiteit plaasvind. Vroeër die maand het beide die vroue- en manspan aan die Kaapse Basketballiga-uitkloptoernooi deelgeneem. Die vrouespan is as kampioen gekroon en die mans het as naaswenners geëindig. Hoofafrigter…
Read MoreGoud vir Kaapse Vlakte-biljartspeler
Deur Jamie Wyngaardt “Ek voel vreemd, dit is asof ek steeds ek is, maar terselfdertyd ’n wêreldkampioen. Dit is ’n wonderlike gevoel om te weet dat ek nie net myself trots gemaak het nie, maar ook my gemeenskap, my familie en my maats,” sê Universiteit Stellenbosch-student en aspirant-maatskaplike werker Shaiyene Fritz. Die 21-jarige biljartspeler is…
Read More2022 Maties Sporttoekennings gee erkenning aan uitsonderlike studente-atlete
Die jaar 2022 was ’n uitsonderlike tyd vir Maties Sport. Studente-atlete het weer ten volle aan sport deelgeneem en alle toernooie en byeenkomste het plaasgevind. Verskeie Maties-atlete en -spanne het aan nasionale en internasionale byeenkomste deelgeneem. Dit alles terwyl hulle ook akademies presteer het. Vanjaar se Maties Sporttoekennings was ’n geleentheid om uitblinkers se…
Read MoreTerugblik op Maties se geskiedkundige 2022 Varsity Netbal-veldtog
Deur Maties Sport Media en Kommunikasie Eenheid Maties Netbal se oorwinning in die 2022 Varsitynetbal-eindstryd was die hoogtepunt van ’n uiters suksesvolle én geskiedkundige seisoen. Die Maroenmasjien het die Noordwes-Universiteit (NWU) op 17 Oktober in die eindstryd met 68-55 voor ’n stampvol Coetzenburg-sentrum verslaan. Die oomblik toe Maties die 2022 Varsitynetbal-titel…
Read MoreMaties gereed vir Varsity-netbalhalfeindstryd
Deur Cody Hansen Die Universiteit Stellenbosch se netbalspan pak die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die halfeindronde van die Varsity-netbalreeks op 10 Oktober in die Coetzenburg-sentrum. Maties was tot dusver foutloos in die kompetisie, het al sewe hul wedstryde gewen en boaan die Varsity-netbalpuntelys geëindig. Maties mik na hul vierde Varsity-netbaleindstryd, nadat hulle ook in…
Read MoreUS-doelbal gereed om seisoen op hoogtepunt af te sluit
Met ’n suksesvolle klubseisoen tot dusver, is die Maties-doelbalklub op die punt om die Wes-Kaapse rekord vir die meeste agtereenvolgende oorwinnings te verbeter. Die span is tans onoorwonne na 11 wedstryde, sê Wentzel Barnard, ParaSport Bestuurder by Maties Sport. Die 2022-seisoen tot dusver Die sesde toernooi van die seisoen is op 15 Oktober in die…
Read MoreMaties kraai koning in Varsity Krieket-kampioenskapsbyeenkoms
Die 2022 Varsity-sportfees het onlangs by die Universiteit van Pretoria (Tuks) plaasgevind. Die vyfdaagse byeenkoms was van 3 tot 8 Oktober en universiteitspanne van regoor die land het meegeding vir die top-eerbewyse. Die geleentheid het ook sportliefhebbers die kans gegee om ’n verskeidenheid sportkodes en vermaak op een plek te sien. Met die…
Read More