Maties Sport se eerste vroue-geselligheid

16th August 2024

Maties Sport het sy heel eerste skemerkelkie geselligheid vir vroue aangebied. Dis was ’n geleentheid om die krag, veerkragtigheid en prestasies van vroue, van die verlede en die hede, by Stellenbosch Universiteit te vier. Die hoofspreker, Ongeziwe Mali Maties-hokkiespeler wat onlangs aan die Olimpiese Spele in Parys deelgeneem het, het oor haar reis tot dusver…

Ontmoet akademiese presteerder én sportsensasie, Erin Powers

6th August 2024

Afkomstig van Makhanda, voorheen bekend as Grahamstad, het 20-jarige Erin Powers van kleins af ’n passie vir sport. Sy is ’n voormalige leerling en hoofmeisie van die Diocesan School for Girls (DSG) in die Oos-Kaap. Powers het nog altyd in alles wat sy aanpak na uitnemendheid gestreef. Tydens haar skooljare het Powers haar veelsydigheid gewys…

Sportvrou van die Jaar leef haar Olimpiese droom

24th July 2024

Maties Hokkiespeler en 2023 Sportvrou van die Jaar, Ongeziwe Mali, se Olimpiese droom is bewaarheid toe sy vir die Suid-Afrikaans Olimpiese Spele groep gekies is. Die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, is van 26 Julie tot 11 Augustus. Die begin van Mali se hokkie-reis Van ’n nederige begin in ’n klein woonbuurt genaamd Zwide in…

Maties Hokkie-alumni wat SA by die Olimpiese Spele verteenwoordig

22nd July 2024

Stellenbosch Universiteit het nie minder nie as agt voormalige Maties Hokkiespelers in die Suid-Afrikaanse spanne vir die Parys Olimpiese Spele. Die span sluit voormalige Maties-mans Daniel Bell, Andrew Hobson, Keenan Horne, en Jacques van Tonder in. Die vroue wat hul land verteenwoordig, is Quanita Bobbs, Stephanie Botha, Erin Christie, en Kayla de Waal. Nog ’n…

Netbal-alumni blink uit in eerste Engelse seisoen

16th July 2024

Voormalige Maties-netbalspelers Nichole Taljaard en Nicola Smith het pas hul eerste seisoen as spelers in Engeland se Netbal Superliga afgesluit. Taljaard het vir London Pulse gespeel, en Smith het Loughborough Lightning verteenwoordig. Beide Taljaard en Smith het ook nasionale kontrakte vir 2024 verwerf. Loughborough Lightning en London Pulse het onderskeidelik tweede en derde op die…

Stellenbosch aan die voorpunt van navorsing

10th July 2024

Die Sentrum vir Sportleierskap (SSL) en die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale Impak (SASOSSI) by Maties Sport het hul navorsingsuitsette voortgesit tydens die 13de Afrika Spele wat vroeër vanjaar plaasgevind het. Die fokus van die navorsing was lewe ná sport en die stryd teen opkikkers, twee belangrike onderwerpe binne die huidige sportbedryf.…

Driekuns aan USSA-rugbytitels en verskeie medaljes vir Maties

6th July 2024

Maties Sport se spanne het goed gevaar by die onlangse Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) toernooie en het medaljes in verskeie sportkodes verower. Die Maroenmasjien het die 15man-rugby titel vir ’n derde keer agtereenvolgens gewen, daar was ook silwermedaljes in onder andere in hokkie en netbal. Verskeie bronsmedaljes het ook hul pad na Matieland gevind. Rugby…

Sokkerlegende besoek Matieland

3rd July 2024

Maties Sokker het ’n fondsinsamelingsgeleentheid aangebied met voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler Shaun Bartlett as gasspreker. Hy het sy ervaringe as speler en afrigter gedeel. Dié Suid-Afrikaanse sportlegende het ’n roemryke loopbaan as speler én as afrigter. Hy het in 1992 sy loopbaan by Cape Town Spurs begin. Later het hy vir van die grootste klubs in…

Semenya keer terug na Stellenbosch

3rd July 2024

Dit was ’n 360-oomblik vir Caster Semenya – en vir Stellenbosch – toe die wêreldbekende hardloop-ikoon die dorp weer besoek het om met studente te praat oor haar boek, haar loopbaan en om jongmense aan te spoor om getrou te wees aan hulself. In April 2016 het Semenya vir Suid-Afrikaanse atletiekgeskiedenis in die Coetzenburgstadion gesorg.…

Maties se Zanele, Paralimpiese legende sterf

3rd July 2024

Suid-Afrika se sportgemeenskap is geskok met die nuus dat een van sy mees gevierde dogters oorlede is. Die nuus van Paralimpiese ikoon Zanele Situ (52) se dood is met buitengewone hartseer ontvang. Gebore as Ntombizanele Situ op 19 Januarie 1971 in die Oos-Kaapse dorpie Matatiele, was Zanele een van die land se bekendste Paralimpiese atlete…