In 2023 het die Maroenmasjien drie goue USSA-medaljes – netbal, 15man-rugby en vroue-hokkie – gewen en is vasbeslote om om vanjaar dié titels weer Matieland toe te bring. Die 2024-byeenkomste vind meestal in Johannesburg plaas, terwyl mans- en vroue-rugby in Kimberley gespeel word. Kaapstad speel gasheer vir pluimbal. Maties Sport se Hoofdirekteur, Ilhaam Groenewald, en…
Simamnkele Hemeni, ’n tweedejaar internasionale studies-student aan die Stellenbosch Universiteits, is ingesluit in die Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) se skaakspan vir die FISU Mind Games Wêreld Universiteitspele, wat van 25-27 Junie in Entebbe, Uganda, plaasvind. Die 21-jarige Simamnkele, wat in Kayamandi, Stellenbosch, gebore en grootgeword het, speel sedert Graad 6 skaak. “Eendag tydens pouse het…
Legendariese Maties-rugbyspeler Edwill van der Merwe maak sy Springbok-debuut die komende naweek teen Wallis op Twickenham. Edwill het 37 Varsitybeker-wedstryde vir Maties gespeel en hou steeds die rekord vir die meeste drieë – 23 – in dié reeks. Hy was ’n sleutelspeler in die spanne wat die trofee in 2018 en 2019 gewen het. Hy…
Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste universiteit in Suid-Afrika wat in Junie 2024 amptelik ‘n Platinum-sertifisering as ‘n Gesonde Kampus van die Federasie van Internasionale Universiteitsport (FISU) ontvang het. Hierdie sertifisering poog om alle aspekte van welstand vir studente en die kampusgemeenskap in sy geheel te verbeter. “Om die Platinum-sertifisering as ’n FISU Gesonde…
2023 was ’n triomfantelike jaar vir Maties Sport. Die Maties Rugby-vrouespan het die eerste weergawe van die Varsitybeker-toernooi vir vroue gewen. Maties Netbal-alumni Nichole Taljaard en Nicola Smith het die Proteas in die eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi op die Afrika vasteland verteenwoordig. Die uitstaande prestasies van vroue atlete was ’n belangrike fokuspunt in Suid-Afrika. Om dié rede…
Maties Sokker het FN Rangers ná strafdoele met 4-2 geklop om die ABC Motsepe Nedbankbeker-toernooi te wen. Die pad na die eindstryd was nie te moeilik vir Maties nie. Die Maroenmasjien het twee maklike seges in die kwarteindstryd en halfeindstryd behaal. Kwarteindstryd: Maties 1 (Clarke), Houtbaai United 0; Halfeindstryd: Maties 2 (Mahlalela), Eagle Performance Academy…
Maties Sport het met Kampussport-bumperaande ’n nuwe aanbod in ontspanningssport aan die Stellenbosch Universiteit-gemeenskap bekendgestel. Dié bumperaande het begin met ’n verskeidenheid sportkodes wat almal op ’n Vrydagaand gespeel is. Die sportkodes sluit in rugby, netbal, sokker, hokkie, tennis, tafeltennis en basketbal. Die inisiatief is daarop gemik om studente se fisiese fiksheid, geestelike welstand en…
Na afloop van die 2024 FNB Varsitybeker-toernooi waartydens Maties se vroue die silwermedalje gewen het, is twee van die span se spelers vir hul uitsonderlike spel beloon met plekke in die Suid-Afrikaanse vir die FISU Wêreld Universiteitspele rugbysewes. Aksie is van 10-12 Junie in Frankryk. Sportwetenskap Honneursstudent Elme Kruger en derdejaar Sportwetenskap-student Ankia Viljoen is…
Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die byeenkoms, sal Suid-Afrika die gasheerland wees vir die Internasionale Universiteitsportfederasie (FISU) se 2026 rugbysewes-toernooi, en die Stellenbosch Universiteit (SU) sal die voorreg hê om slegs die tweede Afrika-universiteit te wees wat hierdie tweejaarlikse internasionale universiteitsrugby-toernooi aanbied. Die Universiteit van Namibië het in 2018 die toernooi aangebied.…
As Direkteur van Maties Rugby gebruik Drikus Hancke sy intense passie vir die spel én Maties om die Maties Rugby-program te verbeter. Sy strategiese leierskap bevorder nie net ons spanne se prestasie op die veld nie, maar versterk ook die lewendige sportkultuur by Stellenbosch Universiteit (SU). Terwyl ons in Mei Werkersdag vier, wy ons hierdie…