Studente-atlete benodig ’n standvastige en gesonde ondersteuningstruktuur om te verseker dat hulle al die blokkies van akademie en sport merk. Dit is ’n sentiment wat deur baie top-atlete, wat as opkomende sterre hul akademie met hul soeke na hul eerste professionele kontrak gekombineer het, geëggo word. Met die koms van Varsity Sports- en USSA-toernooie het…
Read MoreDie Maties Sport se Hoë Prestasie-hoofafrigters het die geleentheid gehad om na die legendariese Suid-Afrikaanse swemafrigter, Rocco Meiring te luister by die sesde uitgawe van die Afrigtersforum vir 2023. Meiring is die afrigter van Tatjana Schoenmaker, Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer. Tatjana se oefenmaat, Kaylene Corbett, het sesde in dieselfde nommer gekom, wat beteken Meiring het…
Read More’n Kniebesering het nou wel sy loopbaan beëindig, maar dit gaan nie Maties Rugby se hulp-afrigter Craig Barry keer nie om sy droom vir ’n FNB Varsitybeker-sege na te jaag. Hoewel Barry die Maroenmasjien met onderskeiding in drie Varsitybeker-eindstryde verteenwoordig het, was hy ongelukkig om nie aan die wenkant te wees nie. In 2021 het…
Read MoreEen van Maties Rugby se legendariese spelers is besig om sy status as legende uit te brei…dié slag buite die wit gekalkte lyne. Craig Barry is ’n voormalige Maties-kaptein en het as speler aan vyf Varsitybeker-toernooie deelgeneem, in 41 wedstryde gespeel en 16 drieë gedruk. Sy laaste toernooi was in 2018. Vanjaar het hy homself…
Read MoreDie passievolle affiniteit vir rugby in ’n land soos Suid-Afrika is tasbaar. Toe Maties die eerste FNB Varsitybeker in 2008 en die daaropvolgende twee titels gewen het – ’n rekord wat tot vandag toe ongeskonde bly – het dit die sukses aan die gang gesit wat sowat ’n dekade later na die Maties-vrouespan sou oorspoel. …
Read More’n Kaalvoet podiumplek het die Maties spiesgooi-ster Jana van Schalkwyk se loopbaan in 2013, toe sy nog op laerskool was, begin. Die ontdekking van haar talente en vaardigheid om die spies te hanteer, was ’n aangename skok vir dié voormalige Paarl Gimnasium-leerder. Na haar vuurdoop in dié dissipline, het Van Schalkwyk met baie selfvertroue haar…
Read MoreDie opgradering van Maties Netbal se buite- en binnenshuise bane is tot voordeel van netbal, basketbal en die beeld van Maties Sport as geheel. Ses netbal buitebane, twee veeldoelige buitebane saam met die Coetzenburg-sentrum en binnenshuise tennisfasiliteit is of word opgegradeer. “Ons is ’n gasheer vir die Protea-netbalspan in samewerking met Netbal Suid-Afrika. Ons het…
Read MoreNetbal-koors is besig om sy hoogtepunt te bereik namate verwagtinge bou na die heel eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi op Afrika-bodem. Kaapstad verwelkom die voorste 16 internasionale netbalspanne. Die WB-toernooi is van 28 Julie tot 6 Augustus. Alle wedstryde word in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gespeel. Voormalige Maties-netbalspelers Nicole Smith en Nichole Taljaard is in Suid-Afrika se groep…
Read MoreVan die uiters gedrewe, hoë prestasie speler tot die sosiale speler én hul ondersteuners moet een en almal welkom wees en voel by die Maties-hokkieklub. Dít is Anche Nortje, Maties Sport se hokkie-klubbestuurder, se visie vir een van Stellenbosch Universiteit se mees tradisieryke sportklubs: Maties Hokkie. Anche se reis saam met Maties Hokkie het reeds…
Read MoreTerwyl studente vir hul eksamens voorberei, prioritiseer hulle studie dikwels bo alles anders, insluitend hul gesondheid. Oefening is egter ’n noodsaaklike komponent van ’n gesonde leefstyl wat nie misgekyk mag word nie, veral in eksamentyd. In hierdie blog bespreek ons die voordele van oefening tydens eksamentyd. Verminder stres en angs: Eksamentyd is ongetwyfeld stresvol, en…
Read More