Maties het uitgeblink by die onlangse Universiteitsport van Suid-Afrika (USSA) byeenkomste en oorwinnings in verskeie sportkodes behaal. Die Maroen-masjien het die goud in die mansrugby-, mans- en vrouehokkie én netbal huis toe geneem, terwyl ’n aantal silwer- en bronsmedaljes vir ’n indrukwekkende medalje-telling gesorg het. Rugby In ’n herhaling van die 2022 Varsitybeker-eindstryd was…
Read MoreIn die wêreld van professionele sport loop baie die geleenthede mis wat hul loopbaan kan begin en dikwels kom hierdie kanse nie ’n tweede keer nie. Vir voorgraadse BSc Rekenaarwetenskap-student Ethan Cunningham, het die geleentheid gekom en hy het dit met albei hande aangegryp. Cunningham het onlangs sy eerste professionele kontrak met die WP Blitz-krieketspan…
Read MoreSoos ons die tweede helfte van die jaar binnegaan, deel ons graag ’n paar personeel skuiwe by Maties Sport. Ons kondig met trots aan dat Reginald Smith Maties Sport se nuwe Hoof van Sportbestuur is. “Ek is opgewonde oor die uitdaging. Ek sien daarna uit om saam met ons verskillende sportbestuurders te werk en hulle…
Read MoreAan die begin van 2022 is ek deur my voormalige PhD-studieleier genader met inligting oor ’n projek wat deur die Internasionale Raad vir Sportwetenskap en Liggaamlike Opvoeding (ICSSPE) geïnisieer is, met befondsing van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO). Ek is aangemoedig om aansoek te doen en is gekies as een…
Read MoreJerry Laka, Maties Sport se Direkteur: Steundienste, het in April vanjaar sy meestersgraad aan die Suidelike Besigheidskool verwerf met ’n tesis wat handel oor die “Die aantrekking en behoud van talentvolle administratiewe sportpersoneel in ’n Suid-Afrikaanse universiteitsportomgewing” (The attraction and retention of talented sports administrative staff in a University Sports South African environment). Dit is…
Read MoreDie eerste RALU-/Klusterspele is op 7 April 2022 aangebied. Maties Sport se Eenheid vir Rekreasie en Aktiewe Lewenstyl (RALU) het saam met die verskillende studenteklusters van die Universiteit Stellenbosch (US) gewerk om ’n geleentheid aan te bied wat inpas by die instelling se strategiese doelwit om ’n “transformerende studente-evaring” te bewerkstellig. Dit is RALU se…
Read MoreDie Maties Hokkieklub is histories ’n klub wat van Suid-Afrika se tophokkiespelers voortbring. Spelers soos Keenan Horne, Tarryn Glasby, Heather McEwan, Nicole la Fleur, Alex Stewart en Dylan Swanepoel het almal in Maties se maroenkleure gespeel. ’n Groot aantal afrigters en spelers het hul naam in die annale van die land se hokkiegeskiedenis geskryf. Een…
Read MoreV: Ellroy, geluk met jou aanstelling as algemene sekretaris van USSA Sokker. Hoe voel jy oor die aanstelling en hoe gaan dinge tot dusver op die komitee? A: Dit is ’n opwindende tyd en ek sien uit na die uitdaging en om ’n bydrae tot USSA Sokker te maak. My doel is om die assosiasie…
Read MoreMaties Sokker beleef tans ’n moeilike seisoen met baie uitdagings nadat hulle ongeveer ses maande gelede hul eerste wedstryd in die ABC Motsepe-liga gespeel het. “Sommige spelers voel hulle hoort nie saam met hul portuurgroep nie en die uitslae tot dusver was nie goed nie, maar ons vertonings gee stadig maar seker vir die spelers…
Read MoreMaties Sport het die opgradering van sportfasiliteite op die Tygerberg-kampus geprioritiseer in ooreenstemming met ons strategiese doelwit om toegang tot ’n diverse rekreasie- en aktiewe leefstyl-program aan die Universiteit se studente en personeel, asook die gemeenskap, te bied. Die instelling se Fasiliteitsbestuurspan het die projek gelei en die Tygerberg Meerdoelsportfasiliteit maak nou voorsiening vir tennis,…
Read More