Posts by Kobus
Terugblik na triomfantelike USSA-toernooi vir Maties Hokkie
Na afloop van ’n suksesvolle USSA-veldtog kyk Maties Hokkie se krag- en kondigsioneringsafrigter Llewellyn Morkel terug na die dele van die Maties Sport Hoë Prestasie-program wat bygedra het tot algehele oorwinnings vir mans en vroue. Ná ons vertoning by USSA is dit ’n goeie tyd om te reflekteer oor die HP-eenheid se hokkieprogram en hoe…
Read MoreMaties-netbalspeler Kabuya blink uit op netbalbaan
In haar eerste Varsity Netbal-seisoen vir die Maties-netbalklub is verdediger Syntiche Kabuya drie keer as die speler van die wedstryd aangewys. Dié toernooi is verlede jaar hervat ná die COVID-19-pandemie se inperkings opgehef is, maar wedstryde is agter geslote deure gespeel. Maties was die gasheer vir al sewe Varsity Netbal-spanne en die toernooi het in…
Read MoreVoormalige WP-kaptein deel wysheid by eerste Kapteine-gespreksessie
Deur Jamie Wyngaardt. Maties Sport het onlangs sy eerste Kapteine-gespreksessie (Captain’s Corner) aangebied met die voormalige WP-rugbykaptein Chris van Zyl as gasspreker. Die doel van die forum is om aan Maties Sport-kapteine en -onderkapteine van die verskillende sportkodes ’n nuwe begrip van leierskap te gee, en hoe om dit in hul onderskeie spanne toe te…
Read MoreVroue in sportleierskap: Anja Lamont – voorsitter van Maties Tafeltennis
Deur Jamie Wyngaardt. Hoewel dit kan voorkom of tafeltennis ’n sosiale sport is, neem Anja Lamont dit baie ernstig op en het sy al sedert ’n jong ouderdom ’n passie daarvoor. As skoolkind het sy tennis gespeel, aangesien dit algemeen in skole aangebied word en sy afrigting by ’n tennisafrigter kon kry. “Dit was die…
Read MoreVroueleierskap in Sport – Alouise Campher: Maties Sport-muurbalklubvoorsitter
Deur Jamie Wyngaardt As ’n lewenslange sportfanatikus gesels Alouise Campher oor haar eie reis met sport en hoe belangrik dit is om jou drome na te streef. Sy was nege toe sy aan sport begin deelneem het, en was onmiddellik dol oor muurbal. Hoewel sy aanvanklik aan muurbal, tennis, netbal én jukskei deelgeneem het, het…
Read MoreMaties uiteindelik weer USSA-netbalkampioene
Die Maties Netbal-span is as die 2022 USSA-kampioen by die jaarlikse Universiteitsport Suid-Afrika-toernooi gekroon deur die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) in die eindstryd met 44-20 te klop. Die Maroenmasjien het die week begin met oortuigende seges oor Tuks, Noordwes-Universiteit en NMU. Die wen-momentum en waardevolle ervaring van verlede jaar se Varsity Sports-netbaleindstryd het die span goed…
Read MoreMaties skitter by USSA-toernooie
Maties het uitgeblink by die onlangse Universiteitsport van Suid-Afrika (USSA) byeenkomste en oorwinnings in verskeie sportkodes behaal. Die Maroen-masjien het die goud in die mansrugby-, mans- en vrouehokkie én netbal huis toe geneem, terwyl ’n aantal silwer- en bronsmedaljes vir ’n indrukwekkende medalje-telling gesorg het. Rugby In ’n herhaling van die 2022 Varsitybeker-eindstryd was dit…
Read MoreMaties se Cunningham opkomende talent
In die wêreld van professionele sport loop baie die geleenthede mis wat hul loopbaan kan begin en dikwels kom hierdie kanse nie ’n tweede keer nie. Vir voorgraadse BSc Rekenaarwetenskap-student Ethan Cunningham, het die geleentheid gekom en hy het dit met albei hande aangegryp. Cunningham het onlangs sy eerste professionele kontrak met die WP Blitz-krieketspan…
Read MoreMaties Sport personeel veranderinge
Soos ons die tweede helfte van die jaar binnegaan, deel ons graag ’n paar personeel skuiwe by Maties Sport. Ons kondig met trots aan dat Reginald Smith Maties Sport se nuwe Hoof van Sportbestuur is. “Ek is opgewonde oor die uitdaging. Ek sien daarna uit om saam met ons verskillende sportbestuurders te werk en hulle…
Read MoreMaties-hokkieafriger op pad na o.21 Wêreldbekertoernooi
Die Maties Hokkieklub is histories ’n klub wat van Suid-Afrika se tophokkiespelers voortbring. Spelers soos Keenan Horne, Tarryn Glasby, Heather McEwan, Nicole la Fleur, Alex Stewart en Dylan Swanepoel het almal in Maties se maroenkleure gespeel. ’n Groot aantal afrigters en spelers het hul naam in die annale van die land se hokkiegeskiedenis geskryf. Een…
Read More