Keagan sien uit na nuwe rol by Maties Sport

26th November 2023

Maties Sport het onlangs vir Keagan van Aarde as die nuwe Senior Bestuurder: Hoë prestasie aangestel. Van Aarde (27) het ’n BSc Sportwetenskap Honneurs: Sportprestasie-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy ken die binne werke van Maties Sport baie goed. Ná sy studies en tyd as student-atleet en Primaria by Huis Neethling, het hy sy…

USSA titels vir Maties se rugby-, netbal- en hokkie-spanne

14th July 2023

Maties Sport het verskeie titels by die 2023 USSA winter-byeenkoms gewen en ook handevol medaljes huis toe gebring. Maties se rugby-, hokkie- en netbalspanne het algehele seges behaal. Verskeie silwer- en bronsmedaljes is ook gewen.   Netbal  Maties het die Universiteit van Pretoria (UP-Tuks) in die eindstryd van die A-afdeling van die USSA-netbaltoernooi voor ’n stampvol…

Kabamba Maties se nuwe afrigter

10th July 2023

Uitgereik deur die Universiteit Stellenbosch  Die Universiteit Stellenbosch en Maties Sport is trots om Kabamba Floors as die Maties Rugby Senior Mans Hoofafrigter vir die volgende drie jaar aan te kondig.  Floors het in 2016 by Maties aangesluit as die Young Guns-hulpafrigter. In 2019 is hy bevorder tot Young Guns-hoofafrigter en sy span het in…

Vreeslose Petersen lei met voorbeeld

5th July 2023

Maties-hokkiekaptein, Tevin Petersen skroom nie weg van kompetisie nie, hy het sy span na nog ’n USSA-halfeindstryd gelei en hoop om hul titel suksesvol te verdedig.  Petersen is sedert sy laerskooldae ’n kranige sportman. Hy skryf sy liefde vir hokkie en sy keuse om dit te speel aan sy suster toe. “My liefde vir hokkie…

Ontmoet Maties se bestuurder vir studente-atleet ondersteuningsdienste

3rd July 2023

Maties Sport verwelkom graag vir Lungako Mweli wat vanaf 1 Julie 2023 in die pos van Bestuurder: Studente-Atleet Ondersteuningsdienste aangestel is. Mweli het ’n kort vraag-en-antwoord sessie met Maties Sport gehad na haar aanstelling.  Hoe voel jy daaroor om in hierdie nuwe pos by Maties Sport aan te sluit?  Dit is ’n eer om by…

2023 USSA winter voorskou

30th June 2023

Maties Sport het vroeër vandag meer as 150 studente-atlete alles van die beste toegewens vir die 2023 USSA winter-byeenkomste.  Universiteit Stellenbosch Rektor en Visekanselier, Prof. Wim de Villiers, het Maties Sport-studente-atlete met ’n inspirerende boodskap om elke oomblik te geniet na hul onderskeie bestemmings gestuur.  Prof. De Villiers het na een van die legendaries basketbalspeler…

Tien Maties in SA Span vir Universiteitspele

28th June 2023

Studente-atlete moes twee jaar wag vir die 31ste Somer Universiade van 28 Julie tot 8 Augustus 2023 in Chengdu, China. Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) het Dinsdag die span aangekondig wat Suid-Afrika by die Spele sal verteenwoordig.  Die groep sluit tien Maties Sport-studente-atlete en een afrigter in.  “Baie geluk met julle insluiting in die USSA nasionale span…

Mali inspireer die volgende generasie

5th June 2023

Studente-atlete benodig ’n standvastige en gesonde ondersteuningstruktuur om te verseker dat hulle al die blokkies van akademie en sport merk.   Dit is ’n sentiment wat deur baie top-atlete, wat as opkomende sterre hul akademie met hul soeke na hul eerste professionele kontrak gekombineer het, geëggo word. Met die koms van Varsity Sports- en USSA-toernooie het…

Wêreldbekende Meiring gesels met afrigtersforum

2nd June 2023

Die Maties Sport se Hoë Prestasie-hoofafrigters het die geleentheid gehad om na die legendariese Suid-Afrikaanse swemafrigter, Rocco Meiring te luister by die sesde uitgawe van die Afrigtersforum vir 2023.   Meiring is die afrigter van Tatjana Schoenmaker, Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer. Tatjana se oefenmaat, Kaylene Corbett, het sesde in dieselfde nommer gekom, wat beteken Meiring het…

Barry gereed vir volgende hoofstuk by Maties

26th May 2023

’n Kniebesering het nou wel sy loopbaan beëindig, maar dit gaan nie Maties Rugby se hulp-afrigter Craig Barry keer nie om sy droom vir ’n FNB Varsitybeker-sege na te jaag. Hoewel Barry die Maroenmasjien met onderskeiding in drie Varsitybeker-eindstryde verteenwoordig het, was hy ongelukkig om nie aan die wenkant te wees nie. In 2021 het…