Nuus
Maties skitter by USSA-toernooie
Maties het uitgeblink by die onlangse Universiteitsport van Suid-Afrika (USSA) byeenkomste en oorwinnings in verskeie sportkodes behaal. Die Maroen-masjien het die goud in die mansrugby-, mans- en vrouehokkie én netbal huis toe geneem, terwyl ’n aantal silwer- en bronsmedaljes vir ’n indrukwekkende medalje-telling gesorg het. Rugby In ’n herhaling van die 2022 Varsitybeker-eindstryd was dit…
Read MoreMaties skitter by USSA-toernooie
Maties het uitgeblink by die onlangse Universiteitsport van Suid-Afrika (USSA) byeenkomste en oorwinnings in verskeie sportkodes behaal. Die Maroen-masjien het die goud in die mansrugby-, mans- en vrouehokkie én netbal huis toe geneem, terwyl ’n aantal silwer- en bronsmedaljes vir ’n indrukwekkende medalje-telling gesorg het. Rugby In ’n herhaling van die 2022 Varsitybeker-eindstryd was…
Read MoreMaties se Cunningham opkomende talent
In die wêreld van professionele sport loop baie die geleenthede mis wat hul loopbaan kan begin en dikwels kom hierdie kanse nie ’n tweede keer nie. Vir voorgraadse BSc Rekenaarwetenskap-student Ethan Cunningham, het die geleentheid gekom en hy het dit met albei hande aangegryp. Cunningham het onlangs sy eerste professionele kontrak met die WP Blitz-krieketspan…
Read MoreMaties Sport personeel veranderinge
Soos ons die tweede helfte van die jaar binnegaan, deel ons graag ’n paar personeel skuiwe by Maties Sport. Ons kondig met trots aan dat Reginald Smith Maties Sport se nuwe Hoof van Sportbestuur is. “Ek is opgewonde oor die uitdaging. Ek sien daarna uit om saam met ons verskillende sportbestuurders te werk en hulle…
Read MoreKom ons beweeg saam! Gereedskapstel vir voetsoolvlaksportleiers
Aan die begin van 2022 is ek deur my voormalige PhD-studieleier genader met inligting oor ’n projek wat deur die Internasionale Raad vir Sportwetenskap en Liggaamlike Opvoeding (ICSSPE) geïnisieer is, met befondsing van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO). Ek is aangemoedig om aansoek te doen en is gekies as een…
Read MoreMaties Sport-direkteur verwerf meestersgraad ná twee dekades as sportbestuurder
Jerry Laka, Maties Sport se Direkteur: Steundienste, het in April vanjaar sy meestersgraad aan die Suidelike Besigheidskool verwerf met ’n tesis wat handel oor die “Die aantrekking en behoud van talentvolle administratiewe sportpersoneel in ’n Suid-Afrikaanse universiteitsportomgewing” (The attraction and retention of talented sports administrative staff in a University Sports South African environment). Dit is…
Read MoreRALU-/Klusterspele suksesvol bekendgestel
Die eerste RALU-/Klusterspele is op 7 April 2022 aangebied. Maties Sport se Eenheid vir Rekreasie en Aktiewe Lewenstyl (RALU) het saam met die verskillende studenteklusters van die Universiteit Stellenbosch (US) gewerk om ’n geleentheid aan te bied wat inpas by die instelling se strategiese doelwit om ’n “transformerende studente-evaring” te bewerkstellig. Dit is RALU se…
Read MoreMaties open moderne meerdoelfasiliteit op Tygerberg-kampus
Maties Sport het die opgradering van sportfasiliteite op die Tygerberg-kampus geprioritiseer in ooreenstemming met ons strategiese doelwit om toegang tot ’n diverse rekreasie- en aktiewe leefstyl-program aan die Universiteit se studente en personeel, asook die gemeenskap, te bied. Die instelling se Fasiliteitsbestuurspan het die projek gelei en die Tygerberg Meerdoelsportfasiliteit maak nou voorsiening vir tennis,…
Read MoreMaties Sport verwelkom vier nuwe interns
Maties Sport het onlangs vier nuwe interns verwelkom vir 2022. Die internskapprogram is ontwerp om leergeleenthede en -ervarings te skep en jong gegradueerdes in die sportbedryf te ontwikkel. Bathabile Ndevu, die Sportbestuur-intern, was nog altyd passievol oor sport en is baie dankbaar vir die geleentheid wat Maties Sport aan haar bied. “Hierdie geleentheid gee my…
Read MoreNoemdo by kruispad
Nadat hy by die Tokio Paralimpiese Spele vierde – met ‘n nuwe Afrika-rekord in die F45-gewigstoot – geëindig het, moet Maties studente-atleet Kerwin Noemdo ’n paar groot besluite neem in die aanloop tot die volgende Paralimpiese Spele in Parys. “Dit gaan alles oor finansiële ondersteuning,” het Noemdo gesê. “Ek weet ek kan ’n medalje in…
Read More